Melomaan musiekgroep bekroon kunstenaars by gala-aand

Die kunstenaars is erken vir hul musikale talente en toewyding aan die musiekbedryf.

Melomaan se gala-aand wat jaarliks gehou word vir onafhanklike kunstenaars het onlangs in Alberton plaasgevind.

Die aand word gereël om blootstelling te verleen aan nuwe kunstenaars en hulle te bedank vir hul bydrae tot die musiekbedryf.

Toekennings het gegaan aan:
• Countrylied van die jaar: Paar Draaie deur Alouise, Balades en Suzette Jacobs met Oktobermaand.
• Legende van die jaar: Martin Lane.
• Dansliedjie van die jaar: Mary Jane met Dit is wat dit is
• Kunstenaar onder 16: Alba met For me it’s a no
• Fees van die jaar: Liggiefees
• Sosiale media kunstenaar: Lene Kloppers
• Instrumentele kunstenaar van die jaar: Willie Kloppers
• Impala internet radio se luisteraars keuse: Karlien Husselman
• Musiekvideo van die jaar: Rita li met Perdekrag
• Groep van die jaar: Tydbom Janie Bay en Alba
• Spesiale toekenning: Candy Benson
• Gospel lied van die jaar: Gideon von Vollenstee
• Nuwe sanger van die jaar: Quintin
• Nuwe sangeres: Rita Li
• Beste Engelse lied: For me it’s a no deur Alba
• Beste Afrikaanse lied: Boerecountry
• Sanger van die jaar: Renaldo
• Sangeres van die jaar: Alida.

Daar was ook erkenning gegee aan Lindie Roos as Liedjieskrywer en Anne-lize van Dyk as die jongste liedjieskrywer van die jaar.

Daar ook hulde gebring aan Bles Bridges en Fredi Nest. Melomaan musiekgroep en die kuntenaars sien uit na hulle musiekfees in September 2024.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version