EntertainmentNews

Musiekaand met spesiale gas Leon Schuster

Die Cantare Kinderkoor bied ’n koorfees aan waar Leon Schuster vereer word vir sy positiewe bydrae tot die Afrikaanse musiekbedryf.

Die Alberton gemeenskap word uitgenooi om dié geleentheid saam met die Cantare Kinderkoor en die FAK by te woon.

Gaskunstenaars vir die aand is die Cantare Kinderkoor, Harmonia Meisiekoor, Cantare Dulcet, Laerskool Orion, Laerskool Randhart en Jeppe Girls’ High Choir.

Moenie dié aand op 2 September om 18:30 vir 19:00 by die NG Kerk Brackenhurst, 63 Hennie Albertsstraat, Brackenhurst misloop nie.

Kaartjies is beskikpaar teen R80 per persoon, R50 vir pensionarisse en leerders en indien jy deel wil wees van die groet en ontmoet is kaartjies teen R200 beskikbaar.

Vir verdere inligting kontak Carlien 082 257 1407 of besoek www.cantare.org.za/events om jou kaartjies te bespreek.

Related Articles

Back to top button