Local newsNews

Dinamika samel byna R8 000 in vir CHOC

Die fondsinsamelingprojek was ’n sukses en hulle het amper R8 000 ingesamel.

Hoërskool Dinamika se dienskomitee het op 4 Februarie besluit om ’n fondinsameling te hou vir Wêreldkankerdag.

Hulle het leerders gevra om ’n strikkie vir R5 te koop om hulle ondersteuining aan mense wat die stryd teen kanker veg te wys.

Dié strikkies was van verskillende kleure om die verskillende tipes kanker te verteenwoordig. Die fondsinsamelingprojek was ’n sukses en hulle het amper R8 000 ingesamel.

“Hulle het alles saamgeslaan met baie kort kennisgewing,” het Johan Schutte, hoof van Hoërskool Dinamika, gesê.

“Baie dankie vir als wat hulle gedoen het.”

Die fondse wat ingesamel is, was op 9 Februarie aan Childhood Cancer Foundation South Africa (CHOC) oorhandig. CHOC ondersteun die kinders en hulle families wat die stryd teen kanker veg.

Related Articles

Back to top button