Leerders vier Lentedag met hoop

Laerskool Orion staan saam om hoop te vier op Lentedag.

Laerskool Orion se leerders het die jaar Lentedag met hoop gevier.

Die leerders het besluit om terug te gee aan die gemeenskap met die hoofleiers en leiers wat aand die voorpunt van ’n fondsinsamelingsprojek gestaan het.

Die leiers het geel strikkies deur die skool verkoop om sodoende fondse in te samel om geskenkpakkies vir die hardewerkende susters in die Covid-19 saal van Netcare Unie-hospitaal te gee.

Die pakkies sal na hulle opgemaak is op 3 September oorhandig word.

Die Graad Vier tot Ses leerders het saam die hoopstrikkie gevorm om Lentedag te vier. Foto: Verskaf.
Die Graad Sewe leerders en leiers het saam hulle ondersteuning van hoop vir Lentedag gewys. Foto: Verskaf.
Die Graad Een tot Drie leerders het hulle harte saamgesit op Lentedag. Foto: Verskaf.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version