Albertonners staan saam vir boeregemeenskap

Donasies stroom in vir boeregemeenskap in die Vrystaat na brande verwoesting saai.

Antoinette Venter, beter bekend as Tannie A, wil baie dankie sê vir almal wat al donasies geskenk het vir.

AfriForum se projek om die boeregemeenskap van die Wes-Vrystaat (Hertzogville, Boshof, Hoopstad, Dealesville en Bultfontein) te ondersteun ná die onlangse brande wat verwoesting gesaai het.

Haar huis was een van die versamelpunte en volgens haar het Albertonners, nes voorheen, hulle harte oopgemaak en donasies geskenk.

Inwoners kon goedere skenk vir die pakkies wat vir boere en hulle familie geskenk gaan word óf hulle kon ‘n finansiële skenking gemaak het. Diegene wat kon, kon ook mielies en voer geskenk het.

“My huis staan vol van skenkings en dit is so ongelooflik om te sien hoe ons gemeenskap saam staan vir die boeregemeenskap van die Wes-Vrystaat,” het Antoinette gesê.

AfriForum se Alberton-tak het ook R5 000 geskenk.

Mense wat steeds wil help kan goedere aflaai by Tannie A se huis te Charl Cillierstraat 28 in Alberton-Noord en dan ook by die National Paramedical Services se kantore te Chasewaterstraat 17 in New Redruth. 

Die sluitingsdatum vir die projek is 30 Oktober.

Hoe kan jy help?

Pak ’n boks vir ’n boer.

Talle boere het hul besittings in die brande verloor. Jy kan help deur ’n noodboks vir dié boere te pak.

Lede versamel goedere soos toiletware, blikkieskos, beskuit, koekies, koffie, tee, suiker, langlewemelk en oor-die-toonbank medisyne.

Versamelpunte in Alberton van die bokse is by Tannie A se huis te Charl Cillierstraat 28 in Alberton-Noord en dan ook by die National Paramedical Services se kantore by Chasewaterstraat 17 in New Redruth.

Maak ’n skenking per EFT

Mense kan ook geld oorbetaal in AfriForum se rekening: AfriForum NPC, FNB, takkode 261550, rekeningnommer 62349898398. Gebruik “Veldbrand” as jou verwysing.

Belangstellendes wat wil help met voer en mielies kan ’n e-pos na henk.maree@afriforum.co.za stuur.

Vir meer inligting, skakel Rika by 082 322 5529 of Louis by 082 453 9203.

Exit mobile version