NewsSchools

Laerskool Orion reg vir leerders se terugkeer

Laerskool Orion is heeltemal gereed om hulle Graad Sewe leerders op 1 Junie by die skool te ontvang.

Die skool het moeite gedoen om die skool skoon te maak en maatreëls in plek te stel om die leerders en personeel veilig te hou waneer hulle terugkeer skool toe.

Volgens Johan Grove, skoolhoof van Laerskool Orion, het hulle reeds vir ouers gevra om met hulle kinders te gesels en die omstandighede te verduidelik. Verder sê hy dat die leerders se temperatuur vier keer ‘n dag getoets sal word – wanneer hulle inkom by die skool en as hulle by die klas kom in die oggend en na pouses.

Ander maatreëls wat die skool in plek gesit is dat die Graad Sewe leerders oor meer klasse uitgesprei sal word.

Die onderwysers sal wissel eerder as die kinders om te verseker dat daar nie baie beweging is nie.Na die afloop van die skool dag sal al die klasse deeglik gesaniteer word.

Grove het verder gesê dat die skool reeds planne bespreek het om te versker dat die leerders al hulle skoolwerk voltooi en dat die skool se geriewe soos interaktiewe stelsels dit makliker maak vir leerders.

Die skool spog ook met n splinternuwe sanitasiestasie wat aan die skool geskenk was deur Willem Smit en Mike de Beer. Die stasie word tans gebruik in die kantoor.

Louani van Rensburg, a teacher at Laerskool Orion, placing stickers to help learners maintain social distancing.

Related Articles

Back to top button