NewsSchools

Skool vierde keer as Sportskool van die Jaar aangewys

“Baie geluk aan elke organiseerder, afrigter, leerder, personeellid, ouer en al die ondersteuners,” het Ryno gesê.

Hoërskool Marais Viljoen is in hulle noppies nadat hulle onlangs vir die vierde agtereenvolgende jaar as die Ekurhuleni-Suid se Sportskool van die Jaar aangewys is.

Thando Ngcobo, ’n Graad 12 leerder, is ook tydens die toekenningsbyeenkoms as Sportvrou van die Jaar aangewys.

Thando is ook die kaptein van die skool se netbalspan.

Nog ‘n Viljoener, Brohnan Borrajeiro, wat in 2019 in matriek was, het ‘n derde plek vir sy sportprestasies in 2019 behaal.

Ryno Luus, sportdirekteur van die skool, het die sukses van die skool aan die toewyding, insette en entoesiasme van almal betrokke toegeskryf.

“Baie geluk aan elke organiseerder, afrigter, leerder, personeellid, ouer en al die ondersteuners,” het Ryno gesê.

GALLERY: 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button