Local newsNews

GALLERY: Suné wil graag oorsee gaan dans

Verder is sy ‘n trotse leerling van Laerskool President Steyn en presteer sy baie goed op akademiese vlak.

Fondse word vir die talentvolle agt jarige danser, Suné Colyn, ingesamel.

Sy het gekwalifiseer om by The 2020 World Freestyle Dance Championship deel te neem.

Die kampioenskappe word by The Winter Gardens in Backpool in Engeland vanaf 26 tot 28 Junie gehou.

Liefde vir dans

Sy het begin dans op die ouderdom van vier en dans nou al vir vier en ’n half jaar.

Suné was een van die eerste ses dansers van Live to Dance Studio.

Die studio het intussen gegroei van ses dansers na 230 dansers.

Sy is een van die enigste twee van die Live to Dance Studio wat deur is om by The 2020 World Freestyle Dance Championships te gaan dans.

Hoewel sy agt jaar oud is gaan sy aan die o-10 afdeling deelneem.

Haar passie vir dans en haar deursettingsvermoe het tot die gevolg gehad dat sy in minder as ’n jaar van kampioen afdeling na premier kampioen afdeling in vrystyl geskuif het. Sy dans tans op die hoogste vrystyl vlak.

Die lekkerste deel van dans vertel Suné is dat sy haar hart kan uitdans en vir daai oomblik wat sy dans verdwyn sy in ‘n ander wêreld in.

Rolmodel en toekomsplanne

Verder is sy ‘n trotse leerling van Laerskool President Steyn en presteer sy baie goed op akademiese vlak.

Sy neem ook deel aan redenaars en sport en speel graag netbal en hokkie en neem aan atletiek deel.

“Sy is ‘n ware uitblinker met ‘n glimlag altyd op haar gesig,” het haar ma, Bernadette gesê.

Haar grootste inspirasie in die lewe is haar ma.

“Mamma is ook my rolmodel want sy doen alles van my hare tot grimering tot my sak pak.

“Sy plak ook self die steentjies op my uitrustings. Sy help altyd ander mammas en kinders waar sy kan.

“My mamma maak my beter voel as ek siek is en maak my elke oggend met lekker drukkie en baie ‘cuddles’ wakker,” het Suné vertel.

Suné wil graag ‘n dans afrigter word as sy groot is.

“Ek wil my talente met ander deel en ook eendag danser motiveer en help.”

Hoe jy kan help

Bernadette is tans besig met borgvorms en ander fondinsamelingsprojekte, maar hulle het nog hulp nodig aangesien daar nog redelik geld uistaande is.

Daar word nog hulp benodig met Visa aansoeke (R4 000), verblyf (R3 600), uitrustings (R4 000), Suid-Afrikaanse ereklere (R1 000), inskrywingsfooi (R1 000), toegang kaartjie vir Bernadette om na kompetisies te gaan kyk (R1 000), ekstra danslesse (R1 600).

Indien enige iemand wil help of van die fondsinsamelings wil ondersteun, kontak Bernadette op 083 325 9948 of maak ‘n finansiele donasie op haar BackaBuddy bladsy deur op die skakel te kliek https://www.backabuddy.co.za/sune-colyn

GALLERY: 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button