Renoster Arthur kuier by Voortrekkers

Arthur is een van die renostertjies wat deur die Voortrekkers aangeneem is.

Die Voortrekkers se renoster, Arthur, het onlangs ‘n draai in Alberton by Laerskool Randhart se Voortrekker kommando en Suiderlig Voortrekker kommando by Laerskool Orion gemaak.

Arthur het lekkers en pamflette by albei skole uitgedeel en hy was ook deel van die waatlemoenfees wat by elk van die twee skole gehou was.

Volgens Louwrens Pretorius van Laerskool Randhart se Voortrekkers word daar nie net waatlemoene geeet nie, maar die kinders smeer ook mekaar met die waatlemoene. Dit is ‘n dag propvol pret en heerlike gesmul.

As deel van die Voortrekkers-beweging se projek “Renoster Red is Vet Pret” in 2019, is daar R100 000 vir Care for Wild Rhino Sanctuary se renostertjies ingesamel.

Die projek fokus daarop om renosterstropery te bekamp. Care for Wild is die renosterweeshuis van die Krugerwildtuin.

Arthur is een van die renostertjies wat deur die Voortrekkers aangeneem is.

Arthur het lekkers en pamflette by albei skole uitgedeel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version