NewsSchools

Dinamika se eerste hengelspan skitter

Dinamika se hengel A-span het derde in die liga geplaas en vierde in Kampioen van Kampioene.

Hoërskool Dinamika het in 2019 vir die eerste keer hengel as skoolsport erken.

Hulle het begin deelneem aan die Sentraal-Gauteng skole hengelliga wat al vier jaar lank bestaan.

Sestien hoërskoolspanne het gedurende die jaar, maandeliks, aan ligas deelgeneem om te kwalifiseer vir die top vyf spanne wat aan die ligafinaal kan deelneem.

Dinamika se A-span kwalifiseer onder die top vyf en het derde in die finaal geplaas.

Die span se prestasie laat hulle ook deurdring na die eerste amptelike Nasionale Kampioen van Kampioene wat deur die Suid-Afrikaanse Varswater Hengelfederasie (SAVOF) by Die Nyl in Nylstroom aangebied is.

Die hengel was uitdagend en Dinamika se A-span eindig vierde uit nege spanne.

Related Articles

Back to top button