Vroue leer meer oor veiligheid

Kapt Hennie Bouwer het die dames basiese veiligheids- en selfverdedegingstegnieke geleer.

DIE NG Kerk Alberton-Suid het ’n selfvedediging- en veiligheidskursus vir vroue op 14 September gehou.

Kapt Hennie Bouwer van Gauteng SAPS het die kursus aangebied.

Bouwer is ’n ervare polisie offisier en het ’n agtergrond in karate, krav maga en MMA.

Verskeie onderwerpe soos veiligheid in verskillende plekke en tye in ’n vrou se dag was bespreek.

Onder bespreking was hoe om geld veilig te trek, die korrekte manier om te parkeer en veiligheid in en rondom die huis.

’n Belangrike onderwerp wat die kaptein bespreek het was ’n noodplan wat elke huishouding moet opstel in geval iets gebeur, byvoorbeeld ’n inbraak of brand.

Bouwer het die dames ook basiese selfverdedigingstegnieke geleer.

Exit mobile version