Local newsNewsSchools

Namies se o-16 netbalspelers tweede in SA

Hoërskool Dinamika dring deur na die finaal waar hulle teen Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria te staan gekom het.

NAMIES is met reg trots op hul o-16 netbaldogters wat tweede in die SA kampioenskappe geëindig het.

Die SA Kampioenskappe het onlangs by Hoërskool Dr EG Jansen in Boksburg plaasgevind.

Daar was algeheel 40 o-16 netbalspanne wat aan hierdie kampioenskap deelgeneem het.

Hoërskool Dinamika wen al vier van die poelwedstryde.

Dinamika klop Iketletso Secondary School met ’n telling van 26-24 en Hoërskool Secunda verloor die stryd teen Dinamika met 11-18.

In ’n uitmuntende wedstryd teen Mpatleng Secondary School is die wentelling 36-3 vir Namies.

Dinamika dring deur na die uitspele nadat hulle die laaste poelwedstryd teen Hoër Meisieskool Bloemhof met 19-17 gewen het.

Tydens die uitspele wen Dinamika vir Paarl Girls’ High School 18-9.

Paarl Gimnasium verloor die wedstryd teen Dinamika 13-18.

Dinamika wen die laaste wedstryd teen Potchefstroom Gimnasium met ’n telling van 14-11.

Hoërskool Dinamika dring deur na die finaal waar hulle teen Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria te staan gekom het.

Teen die einde van die wedstryd speel die spanne gelykop 14-elk, wat die wedstryd tot ekstra tyd dwing. Dinamika verloor die wedstryd 14-20.

Met die verloop van hierdie kampioenskap slaag Hoërskool Dinamika daarin om tweede in Suid-Afrika te eindig.

Related Articles

Back to top button