Randhart leerders se robot wen silwer robotics kompetisie

Dian Ehrike en Wiehan van Wyk moes 'n robot programeer wat gloeilampe vervoer.

DIAN Ehrike en Wiehan van Wyk van Laerskool Randhart het tweede plek gewen by die WRO Robotics Suidrand-kompetiesie op 27 Julie.

Dié twee moes ’n robot programeer en opbou wat verskillende gloeilampe in verskillende areas plaas sonder om die gloeilampe te bars.

Volgens Dian was hulle baie opgewonde, ten spyte van die koue, en toe hulle daar aankom en sien hoe mooi alles is.

Wiehan sê hulle was ook bietjie op hulle senuwees omdat daar aan hulle gesê was die gemiddelde puntetoekenning vir ’n span nul was.

Tog was hulle baie suksesvol in die eerste rondte en het 45 punte ontvang.

In die tweede rondte het hulle egter ’n muur gestamp en ’n gloeilamp gebreek en 10 punte ontvang.

Hulle hoop om in die toekoms weer deel te neem en aan die nasionale kompetiesie te gaan deel neem.

Exit mobile version