GalleriesLocal newsNewsNews galleries

Keelvol laat die trane rol

Albertonners het 'n genotvolle aand van komedie by Ligstad geniet.

DIT was ’n aand propvol pret en plesier wat die lagspiere behoorlik geprikkel het.

Die komedie Keelvol het die lagtrane behoorlik laat rol tydens die Gereformeerde Kerk Alberton-Wes se fondsinsamelingsfunksie op 11 Mei by Ligstad.

Gustav Prinsloo en Mina Scholtz het hulself gate uit geniet.

Twee akteurs van die SABC2-sepie Binnelanders, Je-ani Swiegelaar en Germandt Geldenhuys, het hul toneelstuk Keelvol opgevoer. Die stuk is in 2018 geskryf en sedertdien het die duo die hele Suid-Afrika deur getoer.

Je-ani het verduidelik dat Keelvol basies daaroor gaan dat jy jou eie stem moet vind omdat ander jou altyd wil voorskryf. Sodra jy jou eie stem het kan jy jouself laat hoor.

Mandie van Niekerk en Mari Botha is dit eens dat dit ’n genotvolle aand was.

Daar was ongeveer 200 gaste wat die aand bygewoon het.

Die kerk wil graag hierdie geleentheid gebruik om almal wat die aand ondersteun het, te bedank.

Pieter Rossouw, Marne Bernard en dominee Christie Roets.
Nelie Dalgleish en Mina Adendory het ’n goeie tyd geniet.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Related Articles

Back to top button