Local newsNews

KYK: 106 jaar en voel nog geseënd en gesond

Tans woon ouma Corrie by haar seun, Dirk, in Swartruggens. Tog, volgens haar dogter, Trix van der Walt, voel ouma Corrie nêrens so tuis soos in haar geliefkoosde Alberton nie.

CORNELIA ‘Corrie’ Wijnbeek het dié jaar haar 106de verjaarsdag op 18 Februarie gevier. Van die 106 jaar het sy 58 daarvan in Alberton gewoon.
Ouma Corrie is in 1904 in Den Haag, Nederland, gebore. Tydens haar verblyf in Nederland het beide wêreldoorloë plaasgevind.
In 1949 het die Wijnbeek gesin na Suid-Afrika verhuis. Hulle het die groot hartseer van die Tweede Wêreldoorlog agtergelaat, maar dit was ‘n moeilike tyd vir die Wijnbeeks toe hulle verhuis het.
Haar man moes militêre diens verrig, hul seuntjie van twee is oorlede, hul babatjie was dodelik siek en kos was byna onbekombaar. Tog het ouma Corrie die geloof behou en die gesin se uitkyk was: “Nou moet ons ‘n plan maak”.
Op Alberton bodem

KYK: Corrie Wijnbeek gesels met Paul Potgieter oor haar verlede.


Tydens die boodrit na Suid-Afrika was sy baie seesiek, en dit met jong kinders om na te kyk. Die gesin het eers in Johannesburg gehuur toe ouma Corrie vir haar man gesê het dis tyd om ‘n huis te kry. Hulle het ‘n perseel in New Redruth gekoop en ‘n huis gebou.
Merkwaardig is dat dié huis maar net die vierde huis in New Redruth was, op Bodminstraat.
“Toe ons intrek het ons net ‘n kombuistafel en stoele en ‘n bed vir elkeen gehad,” vertel ouma Corrie.
“Ons het van daaraf opgebou.”
In daardie dae was daar maar min gewees. Die strate was nog alles grondpaaie en die naaste winkel was op Voortrekkerweg gewees.
Ouma Corrie vertel dat daar in daardie dae geen rioolstelsel was nie en ‘n nagwa het twee keer per week die emmers kom leegmaak. Tog het die Wijnbeek gesin ‘n sukses van hul tyd in Alberton en Suid-Afrika gemaak.
Haar grootste geskenk
Tans woon ouma Corrie by haar seun, Dirk, in Swartruggens. Tog, volgens haar dogter, Trix van der Walt, voel ouma Corrie nêrens so tuis soos in haar geliefkoosde Alberton nie.
Sy sê verder dat ouma Corrie diep spore in Alberton se mense se harte getrap het en die dames wat ‘n geborduurde tafeldoek van haar af ontvang het kan nie op een hand getel word nie.
Ouma Corrie het drie kinders, Dirk, Marinus en Trix. Sy is die trotse ouma van 12 kleinkinders en 25 agterkleinkinders. Altesaam het sy 40 afstammelinge en saam met die eggenote en aangetroudes voel sy dit is haar heel grootste geskenk.
Ouma Corrie sê dat sy deesdae nie meer kan doen wat sy altyd het nie, maar anders as dit voel sy nog piekfyn. President Cyril Ramaphosa het ook vir haar ‘n persoonlike brief gestuur om geluk te sê met haar verjaarsdag. Hy het sy blydskap uitgespreeek dat sy nog gesond is.
Toe daar aan ouma Corrie gevra is wat haar geheim is om so te lank te leef, het sy gesê: “Dit moet jy vir die liewe Heer vra. Ek weet nie.”

KYK: Ouma Corrie se boodskap aan mense.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button