NewsSchools

Marais Viljoen maak ’n verskil in waakeenheid van Netcare Unie Hospitaal

Dit is net ’n klein gebaar om te laat weet Marais Viljoen gee om en dink aan die gesinne in hierdie moeilike tyd.

BYKANS twee weke gelede het ’n tragedie Hoërskool Driehoek getref met die ineenstorting van die loopbrug by die skool.

Twee van die leerders wat beseer is, Cheverné Duvenhage en Vanessa Slabbert, word tans nog in die waakeenheid van die Netcare Unie Hospitaal behandel.

Op die oggend van 14 Februarie het die hoofleiers van Hoërskool Marais Viljoen High School, Anru Pienaar en Carla Hattingh saam met die hoof, Martie Heystek, die waakeenheid van die hospitaal gaan besoek om geskenkies, ’n klein bederf vir die twee meisies en die personeel van die eenheid te gaan uitdeel. Hulle het vir elkeen ’n teddiebeer en sjokolade ter viering van Valentynsdag gegee.

ONS GEE OM: Carla Hattingh en Anru Pienaar by die Netcare Unie Hospitaal se waakeenheid waar hulle geskenke afgelewer het. *Foto verskaf.

“Dit is net ’n klein gebaar, ’n klein geskenk om vir die personeel en die twee meisies te laat weet Marais Viljoen gee om, ons dink aan julle in die moeilike tyd en waardeer die verpleegpersoneel se werk en opofferings,” het Martie gesê.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Related Articles

 
Back to top button