Local newsNews

Alberton se kore soek stemme

Alberton se mans- en dameskoor is beskikbaar vir fondsinsamelingsprojekte by skole en kerke.

ALLE manne wat kan sing is welkom om by die Alberton Mannekoor aan te sluit. ’n Stemtoets sal gedoen word en die koor oefen op Dinsdagaande om 7nm by NG Alberton Wes in Ring Road, Alberton. Almal is baie welkom.

Die Dameskoor oefen op Donderdagaande om 7nm ook by NG Alberton Wes. Nuwe lede is hier ook altyd welkom.
Kore se optredes word ingekleur met pragtige instrumente wat gespeel word deur Dr Paul Potgieter soos die panfluit, fluit, konsertina en akkordeon en van die manne speel kitaar en tjello.

Die Albertonse Dameskoor sluit ook van tyd tot tyd aan saam die Mannekoor. Beide kore word deur Dr Paul Potgieter afgerig.

Indien jul ’n fondsinsameling vir jul gemeente, skool of besigheid wil hou, nooi ons gerus vir ’n vrolike Soiree Choralis. Dit kan op ’n Vrydag- of Saterdagaand aangebied word, selfs op ’n Sondagmiddag.

Die Mannekoor het ook ’n vakante pos vir ’n koorbegeleier.

Vir verdere navrae oor die vakante pos en kooroptredes, kontak gerus vir Rienie Venter by 083 232 0359 of Dr Paul Potgieter by 079 694 8421.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Related Articles

Back to top button