VLU in Dinwiddie gesels oor kanker

Sy het skokkende statistieke met die dames gedeel.

OKTOBERMAAND is Borskanker Bewustheid-maand en die ideale geleentheid vir die VLU Dinwiddie-tak om op 18 Oktober te gesels oor kanker, die belangrikheid om gereeld daarvoor getoets te word en hoe om dit te probeer voorkom.

Die dag se gasspreker, Drienie van Wyk, het skokkende statistieke met die dames gedeel, soos hoe 11 miljoen mense regoor die wêreld verlede jaar dood is as gevolg van kanker. Sy het aangedring dat kanker werklik ’n baie groot probleem is wat met enigiemand kan gebeur, maak nie saak hoe jonk of gesond nie.

KANKER BEWUSTHEID: Drienie van Wyk was die gasspreker vir die oggend en het oor kanker, met die klem op borskanker, gesels.

Sy het oor hoe dit vroegtydig voorkom kan word gepraat.

“Leer jou liggaam ken. As jy agterkom iets is vreemd, moet dit nie ignoreer nie – teen die tyd wat jy werklik agterkom daar groei kanker in jou, is dit waarskynlik alreeds te laat.

“Maak seker om ten minste een keer per jaar – of verkieslik twee keer – by die dokter te draai om te kyk dat alles nog gesond is en dat kanker nie besig is om te vorm nie. Dis krities om dit te doen.”

Verder het Drienie oor die belangrikheid van die limfstelsel, asook limfideem wat veroorsaak kan word as gevolg van limfkliere wat óf beskadig is of uitgehaal moes word as gevolg van kanker, gepraat. Sy het ook die dames aangemoedig om te leer oor genetiese faktore wat in sommige mense die kans om kanker te kry, verhoog.

VOORSITTER: Ria van den Tillard deel hul tak se maandelikse nuus met die lede.

Vanjaar se afsluitingsvergadering vir die tak sal op 15 November om 9.30 by die NG Kerk Verwoerdpark plaasvind. Indien jy dit wil bywoon, of by die tak aansluit, skakel gerus vir Priscilla Atkins op 079 817 9633.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Exit mobile version