NewsSchools

Dinamika Graad 11 leerders besoek Rio-Carb

Hulle is ook deur die perseël op ’n toer gelei waar hulle Rio-Carb se groot en baie indrukwekkende masjiene kon waarneem.

RIO-CARB, ’n welbekende besigheid in die ingenieursbedryf, gebasseer in Alrode, is onlangs deur ’n groep Graad 11 leerders van Hoërskool Dinamika, wat elektries as ’n vak neem, besoek.

Die leerders het die oggend hier spandeer en meer geleer oor Rio-Carb, wat hulle doen en die besigheid se geskiedenis. Hulle is ook deur die perseel op ’n toer gelei, waar hulle Rio-Carb se groot en baie indrukwekkende masjiene kon waarneem.

Die huidige direkteur van Rio-Carb, Colin Maine, het gepraat oor Rio-Carb se geskiedenis en hoe sy pa, Martin Maine, die besigheid in 1982 gestig het. Die naam “Rio-Carb” is ’n kombinasie tussen die terme “Rio Tinto” (die wêreldbekende mynbedryf organisasie) en chroomkarbied (chromium carbide).

AQUA JET PROFILES: Preeshan Naidoo het die leerders meer vertel oor hoekom Aqua Jet Profiles en Rio-Carb se vennootskap so belangrik is.

Colin het verder vertel hoe Rio-Carb Suid-Afrika se grootste vervaardiger van duursame plate vir swaarmateriaal hanterende masjienerie is. Hierdie plate, wat belangrik is vir masjiene wat in die mynbedryf gebruik word, word gemaak uit chroomkarbied.

Die leerders het verder geleer dat chroomkarbied baie sterker en meer duursaam as enige ander kommersiële staal is, wat Rio-Carb laat uitstaan bo ander soortgelyke besighede. Rio-Carb is in vennootskap met Aqua Jet Profiles, ’n besigheid wat daarin spesialiseer om Rio-Carb se chroomkarbiedprodukte deur middle van hoë-druk waterpompe te sny.

Preeshan Naidoo, mede-direkteur van Aqua Jet Profiles, het ook vir die leerders meer vertel oor dié besigheid. Aqua Jet is in 2001 gestig, ook deur Martin Maine. Aqua Jet gebruik ’n kombinasie van water en granaat sand (garnet sand) om hoëdruk waterpompe te maak wat deur harde materiale kan sny, selfs deur graniet. Hierdie tegnologie word as “groen” beskou omdat dit nie enige hitte-geassossiërde skade, besoedeling of letsels in die omgewing agterlaat nie.

LEERSAAM: Dit was ’n baie leersame oggend by Rio-Carb vir hierdie Graad 11 leerders.

Leerders het ook geleer oor die belangrikheid van ketelmakers. Daarna is hulle deur die fabriek geneem om die masjienerie te aanskou. Later is almal met ’n ligte middagete bederf voordat die leerders hul “dinkpette” moes opsit vir ’n vinnige toets oor wat hulle die oggend geleer het.

In afsluiting het Ernst Meiring, senior verkoopsingenieur van Rio-Carb, vir die leerders ’n opheffende boodskap gelaat: “Moenie dat enigiemand jou toekoms probeer bepaal nie – volg jou passie en hou jou oë op jou drome. Jou punte op skool bepaal nie jou waarde of toekoms nie – jy alleen doen.”

CHROOMKARBIED: Colin Maine gesels oor Rio-Carb se gunsteling materiaal, chroomkarbied.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button