Groot kuier wag by motorskou en kermis

Hul verwag meer as 150 voertuie vir die “show and shine” met veteraan en nuwer voertuie.

NG KERK Brackendal hou elke jaar ’n lekker gemeenskapsfees in September en in November 2017 was hul eerste motorskou ’n reuse sukses.

Hierdie jaar het hulle besluit om die twee te kombineer en hou op 10 November hul tweede motorskou gekombineer met hul kermis. Hul verwag meer as 150 voertuie vir die “show and shine” met veteraan en nuwer voertuie.

Die gemeenskap van Alberton word hartlik uitgenooi na hierdie kuierdag. Manne om na daardie motors te kom kyk, dames om te snuffel tussen al die mooi goed wat daar gaan wees, kinders om lekker te kom speel en almal om te kom smul aan die beste kermiskos ooit.

Dit word by NG Brackendal, Vaal Straat 54, Brackendowns vanaf 8vm tot 2nm gehou. Skoumotors toegang in Vaal Straat en publieke parkering en toegang in Lindastraat, Brackendowns (straat agter die kerk).

Kontak gerus ngbrackendal@telkomsa.net of sonblig@gmail.com vir meer besonderhede.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version