Local newsNews

Witgoud oorhandig R1 000 aan SA Gidshondvereniging

Die Witgoud senior bediening van die NG Kerk Alberton-Wes het op 26 September ’n tjek van R1 000 aan die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging oorhandig.

DIE Witgoud senior bediening van die NG Kerk Alberton-Wes het op 26 September ’n tjek van R1 000 aan die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging oorhandig.

Witgoud het besluit om ’n fondsinsameling te hou wat die donasie moontlik gemaak het. Hulle het ’n liefde vir die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging omdat dit ’n organisasie is wat op empatie en deernis vir beide mense en honde gebasseer is.

Die oorhandiging het die oggend in die kerk plaasgevind. Die oggend was ook leersaam vir die Witgoudgroep, toe daar meer inligting gegee is oor die Gidshondvereniging, wat hulle doen en hoekom hulle belangrik is.

GIDSHONDE: Twee Labrador-gidshonde, Shogun en O’Reilly.

Die Gidshondvereniging vir gesiggestremde mense se missie is om die mobiliteit en onafhanklikheid van mense met visuele-, fisiese- en ontwikkelingsbehoeftes te verbeter. Dit is ook die enigste gidshond opleidingsentrum in die land.

Besoek gerus hul webtuiste by www.guidedog.org.za vir meer inligting. Hier kan jy meer leer oor wat hulle doen en hul geskiedenis, getuienisse lees van mense wat op hierdie organisasie staatmaak en ook jou ondersteuning toon met ’n donasie.

GIDSHONDVERENIGING: Alida Pansegrouw met Shogun, Pieter van Niekerk (skakelbeampte) met O’Reilly en Elaine Nooi met Cedric.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button