Local newsNews

Aftree-Oord se biblioteek word 10

Hier’s op die volgende 10 jaar vir die Oord se biblioteek en die betowering wat al sy stories vir die inwoners sal bring.

ALBERTON Aftree-Oord se biblioteek het op 13 September sy 10de verjaarsdag gevier. Natuurlik het die Oord ’n byeenkoms daarvan gemaak, ’n kaas en wyn aand.

Almal het stylvol aangetrek en hulself in die biblioteek met ‘n drankie in die hand tuisgemaak, voordat ’n paar belangrike gaste spreukbeurte gekry het.

SMULLEKKER TAFEL: Die kostafel het terselfdetyd pragtig en heerlik gelyk.

Ds Willie Badenhorst het geopen, almal verwelkom en die geleentheid gebruik om vir God en almal te bedank wat die biblioteek destyds moontlik gemaak het. Hy het ook dankie gesê vir al die leesstof wat deur gawe mense oor die jare aan die biblioteek geskenk is.

BOODSKAPLESER: Dawie Botma lees ’n brief van die ATKV voor.

Hierna het Dawie Botma ’n boodskap voorgelees wat die biblioteek van die ATKV af ontvang het. Hulle het gesê, onder andere, dat die Alberton Aftree-Oord se biblioteek die beste leeskring het wat hulle ken, en dat dit ’n voorreg is om so ’n liefdevolle-bestuurde biblioteek te kan waarneem.

KAAS EN WYN: Hierdie heerlike kos het die monde laat water.

Almal het applous gegee nadat die toesprake gelewer is. Daarna was dit tyd om aan die heerlike kos te smul en die wyn te geniet. Die tafels was só pragtig versier. ’n Mens kon sommer die liefde en moeite daarin sien.

Hier’s op die volgende 10 jaar vir die oord se biblioteek en die betowering wat al sy stories vir die inwoners sal bring.

BEDANKING: Ds Willie Badenhorst bedank almal wat die biblioteek moontlik gemaak het.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button