115-jaar oue sinkhuis in Alberton-Noord

Dié eg Suid-Afrikaanse huis in Vyfde Laan, Alberton-Noord, is 115 jaar oud en een van drie sinkhuise in Alberton.

MET Erfenisdag om die draai, het die REKORD met Annatjie Kirtley, eienaar van Salon Anna Belle, geleë in een van Alberton se eerste sinkhuise, gesels.

Dié eg Suid-Afrikaanse huis in Vyfde Laan, Alberton-Noord, is 115 jaar oud en een van drie sinkhuise in Alberton. Annatjie is sedert 1995 in besit daarvan. Dit is 23 jaar. Dis uit dié huis waar sy haar haarsalon bestuur.

“Sinkhuise soos hierdie is baie skaars en baie van die wat bestaan word nie mooi opgepas nie,” het Annatjie gesê. “Daar is nog ’n sinkhuis in Vyfde Laan en 10de Laan, maar hulle lyk nie meer so goed nie.”

DIE STOEP: So lyk die outydse stoep van Annatjie se 108 jaar-oue sinkhuis.

Annatjie deel die geskiedenis van die huis.

“Dit was in 1903 gebou en was eerste deur Mnr Hartman besit en bewoon, wie ’n melkery in Alberton-Noord besit het.

“Daarna het Klaas Prinsloo en sy broer, Isak, vanaf 1905 in die huis gewoon.

“Klaas was ’n pilaar vir die gemeenskap en was sedert 1936 ’n passievolle lid van Alberton se eerste dorpsraad. Hy kon ook baie mooi sing. In 1916 het Klaas verhuis na Eerste Laan 35, Alberton-Noord,” het Annatjie gesê.

Vir haar is die beste deel van haar sinkhuis die huislike atmosfeer, wat haar kliënte altyd tuis laat voel. Dit hou ook vir haar wonderlike herinneringe in, soos toe haar kleinkinders destyds in die salon gespeel en met mekaar pret gehad het.

Sy is ook baie trots op haar huis nadat sy dit ’n paar jaar gelede gerestoreer het. Nou lyk dit pragtig en eg Suid-Afrikaans, soos wat mense hier huise gebou het in die begin van die 20ste eeu. Annatjie sê sy sal nooit hierdie huis wil verkoop nie. Sy sal dit liewer aan haar nageslagte oordra.

“Ek glo dat alle mense Erfenisdag moet vier ter wille van hul nageslag. Dis belangrik om te weet waar mens vandaan kom, wat jou voorvaders vir die wêreld beteken het en om ’n mens se erfenis te beskerm,” het Annatjie gesê.

EIENAAR: Annatjie Kirtley besit die sinkhuis waaruit sy ook ’n haarsalon, Salon Anna Belle, bestuur.

“Ek wil graag dankie sê vir al my kliënte en almal wat by my gebly het en ’n liefde vir hierdie sinkhuisie ontwikkel het,” het Annatjie afgesluit.

As jy nuuskierig is en enige vrae het oor Annatjie Kirtley se geliefde sinkhuisie, kan jy haar op 082 970 6728 bel.

READ:

Upgrade for Alberton Boulevard underway

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Exit mobile version