Local newsNews

Vrywilligers is Ligstad se ruggraat

Vrywilligers help met die huiswerk van die laerskoolkinders in die naskool, en indien nodig met toesig tydens speeltyd.

LIGSTAD fokus op die lewering van pro-aktiewe dienste aan kinders en seniors in die gemeenskap.

Een van Ligstad se doelstellings is om gemeenskapslede te bemagtig deur hulle betrokke te kry by dienslewering aan die gemeenskap en daarom is die rol van vrywilligers baie belangrike in Ligstad se struktuur.

Vrywilligers help met die huiswerk van die laerskoolkinders in die naskool, en indien nodig met toesig tydens speeltyd.

Verder is vrywilligers ook betrokke by die dienste wat Ligstad aan die seniors in die gemeenskap lewer.

Vrywilligers maak hulself beskikbaar soos wat hulle lewe en roetine dit toelaat en verantwoordelikhede en take word volgens hul beskikbaarheid en belangstelling toegeken.

“Die vrywilligers van Ligstad getuig daarvan dat dit baie bevredigend is om as vrywilliger hulle gemeenskap te dien as deel van Ligstad se span.

“Hulle noem verder dat hulle die kliënte by wie hulle betrokke is geweldig baie mis wanneer hulle nie kan kom nie,” het Alida Jooste, maatskaplike werker by Ligstad gesê.

Indien jy navraag wil doen oor die vrywilligerprogram van Ligstad, kontak Alida Jooste tydens kantoorure by 011 907 0517 / 079 693 3666 asook per e-pos by alida.jooste@ligstad.co.za

READ:

WATCH: German car show at the Glen

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button