Local newsNews

VLU Dinwiddie het high tea geniet

Die jonges van Soul Dance & Rhythm Academy het opgetree en almal vermaak.

DIE VLU Dinwiddie-tak het ’n smaaklike en genotvolle high tea op hul vergadering van 23 Augustus gehou.

Die byeenkoms was by die Verwoerdpark NG-kerk gehou. Die tafels was deftig gedek met pragtige teestelle en blomme as versiering. Die dames het ook uitgehang met deftige rokke en hul mooi hoede het alles sommer vroliker laat lyk.

’n Groot tafel was met smaaklike soet- en southappies gedek, wat almal geniet het.

Al die VLU-dames wat hul verjaarsdae in Augustus vier was ook gelukgewens en het ’n geskenkpakkie ontvang. Daar was ook ’n lootjietrekking, soos met elke VLU-vergadering, waar ’n gelukkige dame ’n prys gewen het.

DINWIDDIE VRIENDINNE: Voor: Ria Van den Tillard, Hillary Lubbe, Magaret Van der Merwe en Fietjie Moolman. Agter: Priscilla Atkins.

Die genot het begin toe ’n paar jong mense van die Soul Dance & Rhythm Academy vir die dames opgetree het, onder die leiding van Renata Nothnagel.

Almal by VLU Dinwiddie het saamgestem dat hiérdie vergadering baie aangenaam, genotvol en spesiaal was.

OULIKE DANSERTJIES: Voor: Christo Pieterse, Leandri Kotze en Bokang Ntlaseng. Middel: Corrie Raubenheimer, Petro Grabe, Nicia Swart, Marinka Pretorius, Teagan Molony en Ilze Venter. Agter: Renata Nothnagel.

*Fotos en inligting verskaf.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button