Local newsNews

FAK vereer Rina in Alberton

Verder is daar optredes deur Franz Geldenhuis en Coert Grobbelaar, beide bekende sangers in Alberton se kringe.

DIE legendariese Rina Hugo kom Alberton op 26 September besoek.

By dié geleentheid sal sy deur die FAK vir haar bydrae tot Afrikaans vereer word.

Rina Hugo bekoor Suid-Afrikaanse gehore meer as 40 jaar al met haar fluweelstem. Sy kan met reg as ’n baanbreker op musikale gebied beskou word.

Dis dan ook gepas dat sy vir haar unieke en ryk bydrae tot die Afrikaanse kultuur erkenning sal ontvang. Haar toekenning deur die FAK vind plaas tydens ’n spesiale geleentheid wat deur die Cantare Kinderkoor aangebied word.

Verder sal daar optredes deur Franz Geldenhuis en Coert Grobbelaar, beide bekende sangers in Alberton se kringe, wees. Kom luister ook na die pragtige koorsang vam Laerskool Elspark, Laerskool Randhart se Kiewiete en Hoërskool Suiderlig asook die slagorkes van Orionland.

Na afloop van die verrigtinge sal Cantare ’n geselligheid aanbied en daar sal dan die geleentheid wees om Rina te ontmoet.

Kaartjies teen R80 per persoon is beskikbaar by Carlien by 082 257 1407 en indien jy die ontmoet en groet wil bywoon kos kaartjies R150 per persoon. Besprekings sluit 19 September.

Moenie die geleentheid op 26 September om 7nm by die NG-kerk Alberton-Suid, Phantomstraat, Raceview misloop nie.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

Related Articles

Back to top button