NewsSchools

Hoërskool Alberton alumni na 50 jaar terug

Alumni van Alberton Hoër het hulle 50 jaar reünie by Hoërskool Alberton gevier.

HOËRSKOOL Alberton se 1968 matriekgroep het hulle 50 jaar reünie gevier.

Die groep het by die skool bymekaargekom om in die nostalgie van 50 jaar te deel. Vele staaltjies was gedeel onder die alumni oor die dinge wat hulle tydens hul skooljare aangevang het.

Saam het hulle deur die skool geloop om te sien hoe die skool verander het. Volgens Eugene Bezuidenhout, een van die ’68 alumni, is die skool se basiese struktuur nog soos wat hy dit onthou maar daar het tog veranderinge gekom met nuwe klasse wat aangebou is.

Die alumni het ook bome uitgewys wat nog klein was toe hulle by die skool was. Na die skoolbesoek het die ’68 matrikulante saam met hulle gades ’n bring en braai by Rietvlei geniet om op te vang met die mense saam wie hulle op skool was.

Also Read:

Orion blink uit by kunswedstred met 2 122 inskrywings

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button