VLU Sonskyn gesels “skrywers van die jaar”

Martie Marnewick het oor die VLU se skrywers van die jaar, PG du Plessis en Deon Meyer, gesels.

HIERDIE maand het twee van Suid-Afrika se top skrywers by die VLU Sonskyn-tak se byeenkoms op 6 Augustus by die NG-kerk, Verwoerdpark, onder die vergrootglas gekom.

Nadat die huishoudelike sake, soos kreatiewe wenke en idees vir die maandelikse kompetisie bespreek is, is Barbara Steenkamp met haar verjaarsdag gelukgewens. Martie Marnewick, voorsitter van die Alberton Damesklub, het oor die VLU-gekose skrywers van die jaar, PG du Plessis en Deon Meyer, gesels.

OPENING: Dini Jansen open die vergadering vir die dames met nuus van lief en leed.

Uit Martie se vertelling was dit duidelik dat sy baie goeie navorsing gedoen het en dat sy ook ’n groot aanhanger van dié twee skrywers is. Sy het sommer al hul werke, projekte en geskiedenis geken en met die dames gedeel.

Met baie passie het sy die dames vertel watter rol PG as Afrikaanse skrywer, dramaturg en akademikus gehad het. Sy het ook meer vertel van sy verskeidenheid skryfwerk wat ’n merkwaardige bydrae tot die Afrikaanse drama gemaak het.

Martie het PG se rubrieke genoem wat gedurende sy loopbaan as joernalis gepubliseer is en hoe dit later op die TV-reeks Koöperasiestories uitgeloop het. Sy praat ook oor sy roman, Fees van die Ongenooides, wat wyd vereer is as een van die beste Afrikaanse letterkundige werke tot vandag.

DANKIE: Dini Jansen (regs) bedank haar vriendin en die dag se gasspreker, Martie Marnewick, met ’n geskenkpakkie.

Martie het ook oor Deon Meyer gesels. Sy het onder andere genoem dat Deon reeds 11 boeke en twee korverhaalbundels gepubliseer het, waarvan die meerderheid onder die riller-genre val en in talle tale vertaal is.

Sy het vertel dat Deon talle prestasies agter sy naam vir sy skryfwerk het en dié selfs van ander lande. Hy is wêreldwyd bekend en het ook al draaiboeke vir verskeie TV-reekse en films geskryf.

GASSPREKER: Martie Marnewick gesels oor die VLU-gekose skrywers van die jaar.

Die volgende VLU Sonkyn-tak vergadering sal op 3 September by die NG-kerk Verwoerdpark gehou word. Indien jy belangstel om dit by te woon en iets nuut te leer, skakel gerus vir Dini Jansen op 082 552 4683 vir meer besonderhede.

Lees Ook:

VLU Sonskyntak hou verkiesing

Geliefde VLU-dame word 80

VLU Dinwiddie annual prize-giving

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version