Local newsNews

Driekie vier 100 jaar

Namens die Alberton gemeenskap wens ons vir Driekie veels geluk met haar 100ste verjaarsdag.

DRIEKIE Pienaar het op 11 Augustus haar 100ste verjaarsdag gevier. Haar naaste familie het vir haar by die Alberton Tuiste vir Bejaardes gaan kuier en met liefde en lekkergoed bederf.

Driekie is op 11 Augustus 1918 in Lindley, Vrystaat, as die tweede jongste van 10 kinders gebore.

Sy is die ma van ses kinders, waarvan twee reeds dood is. Sy is dan ook die ouma van nege kleinkinders, 18 agter-kleinkinders en een agter-agter-kleinkind.

HIEP-HIEP-HOERA: Driekie blaas haar verjaarsdagkersies uit nadat haar familie vir haar gesing het.

Sy en haar man, Lourens Vorster, het op ’n plaas in Tzaneen gewoon. Sy was op haar gelukkigste toe sy haar kinders kon grootmaak. Haar lewe draai om haar familie. Sy het vir Lourens aan die dood afgestaan nadat hulle reeds 65 jaar lank getroud was. Hy was toe 77 jaar oud.

VERJAARSDAGKOEK: Driekie sny haar verjaarsdagkoek nadat die kersies uitgeblaas is.

As inwoner van die Alberton Tuiste vir Bejaardes sê Driekie sy voel soms eensaam. Sy sê sy mis om naby haar kinders en kleinkinders te wees. Sy wens dat ander inwoners saam met haar kan Rummikub speel, maar ongelukkig is meeste van hulle te oud daarvoor.

Sy deel haar resep vir ’n lang lewe: “Vandat ek klein is, het die Here my altyd gehelp. Selfs as iets wegraak en ek bid daaroor, het die Here vir my gewys waar dit is. Hy is my hele lewe lank by my.” Sy glo egter dat sy ’n lang genoeg lewe op aarde gehad het, en sy sien uit om by haar man in die hemel te kan wees.

Vir haar 100ste verjaarsdag is Driekie met geskenke, kolwyntjies, ’n heerlike verjaarsdagkoek en pienk vonkelwyn bederf. Maar vir haar was die pizza en KFC die beste bederf van alles en dis ook al waarvoor sy gevra het.

Namens die Alberton gemeenskap wens ons vir Driekie veels geluk met haar 100ste verjaarsdag.

BEDERFIES: Blomme en ’n heerlike verjaarsdagkoek en kolwyntjies is vir Driekie gebring om haar 100ste verjaarsdag te vier.

Lees Ook:

Eerste pastorie-baba vir NG Alberton-Wes

Frikkie en Joan vier 60ste huweliksherdenking

Saam het hulle gebou en gebreek

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button