Local newsNews

Headway pasiënte bedank lewensredders

Hulle is bederf met boereworsrolle en dankie-pakkies.

PASIËNTE van Headway Gauteng het besluit om op Mandela Dag hul dankbaarheid aan Emergency Medical Services (EMS) en paramedici personeel te toon en hulle met boereworsrolle en dankie-pakkies te bederf.

Alberton se Nicolene Holtzhausen het nege jaar gelede deel geword van die Headway familie nadat sy in ’n ernstige motorongeluk betrokke was. Sy het haar nek gebreek, was in ’n koma vir 43 dae en moes daarna van vooraf leer loop.

“Maar,” sê Nicolene, “God is groot en Hy het vir my nog ’n kans gegee.” Sy sê ook Headway het ’n baie groot rol in haar genesing gespeel met die arbeids- , sielkundige- en biokinetiese terapie, en vele ander hulp wat hulle aanbied.

Headway Gauteng is ’n geregistreede nie-winsgewende organisasie wat bystand- en rehabilitasie programme aanbied vir volwasse individue en hul families wat breinbeserings oorleef het. Hierdie is die vierde jaar wat Headway pasiënte van Mandela Dag gebruik maak om hul dankbaarheid aan paramedici en EMS personeel te toon, vir die wonderlike werk wat hulle doen.

Nicolene en die Headway-span het Mandela Dag begin deur vir Gareth Cliff op die lug te gaan kuier (op www.CliffCentral.com). Paramedici was ook daar, en hulle het gesels oor die werk wat hulle doen. Gareth het uitgevra oor Headway en saam met almal bespreek wat ’n spesiale en belangrike organisasie hulle is.

Later het die span Mandela Dag verder benut om dankie te sê vir die gemeenskap se lewensredders. Headway se takke in Hyde Park en Soweto het ongeveer 1 000 boereworsrolle gebraai, met behulp van personeel, vrywilligers en borge.

Paramedici, polisie- en brandweerlede het deur die loop van die dag ’n draai daar gaan maak. Hulle het lekker gesels, ’n koeldrank geniet en ’n dankie-pakkie ontvang. Hierdie pakkies het notas in gehad van verskillende Headway pasiënte, waar hulle dankie sê vir die mense wat hul lewens gered het.

HEADWAY SPAN: Nicolene Holtzhausen, Bianca Burger (Headway algemene bestuurder) en Sally Spada (Headway fondsinsameling).

Aan die einde van die dag is die oorskiet boereworsrolle en dankie-pakkies by verskillende EMS-stasies regoor Johannesburg afgelaai.

Ernstige breinbeserings kan met enigiemand op enige oomblik of enige plek gebeur. Vind meer inligting oor Headway op hul webtuiste, www.headwaygauteng.co.za, of kontak hulle op 011 442 5733 indien jy meer wil uitvind of by die organisasie wil betrokke raak.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button