Sonmari deel skoonheidswenke

“Jy dra jou gesig vir die res van jou lewe.”

 

SONMARI Erasmus (23) is ’n plaaslike model by Just You Agency.

Sy is ook ’n handelsmerk ambassadeur vir BloBar, BLOSS tydskrif en Sharon-Rae Academy of Beauty. Sy is tans besig met The Face of Chirpy Chix asook The Face of Just You Agency. Die REKORD het in 2017 ’n berig gedoen oor haar modelloopbaan.

Sonmari deel ’n paar van haar skoonheidswenke sowel as haar daaglikse oggendroetine vir haar gesig.

“Dit is vir my belangrik om mooi na my vel, my hare en my liggaam te kyk en ek probeer my beste om dit te doen,” het sy gesê.

Hier is haar top vyf skoonheidswenke wat jy by die huis kan doen en dit gaan jou nie platsak laat nie:

1. Die beste afskilvering vir ’n lyf is mielie meel op ’n nat vel.

2. Vir mooi gladde naels smeer olyfolie aan voor jy gaan slaap.

3. Om wenkbroue mooi te hou, wend petrolium jellie aan in die aand.

4. Smeer klapperolie deeglik aan jou hare terwyl jy jou kopvel masseer om haarwortels te stimuleer. Wend aan jou hare vir ten minste 15 minute voor jy dit afspoel.

5. ’n Eiermasker sal jou vel sysag laat – dit is so maklik soos om ’n eier te klits, aan jou vel te smeer en vir 10 minute daar te laat. Was daarna af en volg op met klapperolie (dit ruik fantasties).

“Ek glo daaraan om alles eenvoudig en so natuurlik as moontlik te hou.”

Sy was haar gesig soggens met gewone gesigwas (jou keuse) en daarna wend sy klapperolie aan.

“Die olie laat my gesig baie gesond lyk en bevogtig dit vir die hele dag. Ek sit ook elke dag ’n hoëfaktor sonskerm aan.”

Haar raad aan ander is om jou gesig daagliks goed te versorg.

“Onthou ’n mens dra jou gesig vir die res van jou lewe. Kyk mooi na hom om sprankelend en gesond te lyk,” het Sonmari gesê.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version