Local newsNews

Tannie Lien vier 95ste verjaarsdag

Tannie Lien woon steeds op haar eie en haar gesondheid lyk nog baie goed.

TANNIE Lien Steyn het vanjaar ’n besonderse mylpaal met die viering van haar 95ste verjaarsdag bereik.

Sy is op 26 Junie, 1923 in Middelburg, Mpumalanga (toe was dit nog as die Transvaal bekend) gebore.

Vandag is sy die ma van vier kinders en drie skoonkinders, alhoewel sy almal onder dieselfde kam as haar eie kinders skeer. Sy is ook die baie trotse ouma van ses kleinkinders en twee agterkleinkinders.

Ten spyte van haar ouderdom, woon tannie Lien steeds op haar eie en haar gesondheid lyk nog baie goed. Sy leef volgens die lewenswyse en liedjie genaamd Que sera sera, wat in Afrikaans beteken “wat ook al sal wees, sal wees.”

Tannie Lien is lief vir die kerk en koester haar verhouding met die Here. Haar gunsteling kerkliedjie is God Is Liefde. Sy is ’n lidmaat van die Brackenhurst NG Gemeente.

Nie net is is sy al vir 17 jaar deel van die kerk se Goue Lidmate nie, sy is ook die oudste lid en woon elke maand die byeenkomste by. Dit is juis saam met dié groep wat sy haar verjaardag op 19 Junie gevier het. Dit was ’n pragtige viering met pienk rose, heerlike vingerhappies en ’n mooi verjaarsdagkoek met ’n prent van haar glimlaggende gesig daarop.

VERJAARSDAGKOEK: Tannie Lien se verjaarsdagkoek wat sy saam met lede van die Goue Lidmate geniet het.

Tannie Lien se familie en vriende wens haar ’n wonderlike jaar met alles wat mooi is toe, met die hoop dat daar sommer nog baie voorlê.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button