Local newsNews

GALLERY: VLU Sonskyn gesels vroulike gesondheid

Die gasspreker, Karen Horne, is ’n homeopaat by Randhart Homeopathic Clinic.

OP ’n koue wintersoggend het die VLU-Sonskyntak se dames gesondheid gesels – van stres en depressie tot vroulike hormone.

Tydens die vergadering op 4 Junie by die NG-kerk in Verwoerdpark het Karen Horne, ’n homeopaat by Randhart Homeopathic Clinic, oor gesondheid vir die vrou gesels.

Dit VLU-dames het hulself aan heerlike botterskorsiesop en vars brood gehelp voordat Dini Jansen die vergadering geopen het.

DANKIE: Dini Jansen bedank vir Karen Horne namens die VLU met ’n geskenkpakkie.

Karen het interessante inligting met die dames gedeel oor hoe om ideale gesondheid te handhaaf. Sy het ook vrae beantwoord, idees oor gesondheid verwissel en die belangrikheid van vitamines beklemtoon, veral D en die B’s. Verder het sy ook gesels oor die verskil in vroulike hormone en hul funksies, asook hoe om stres en depressie te beveg.

VYF PRYSE: Jeanette Vorster (regs) het vyf pragtige pryse gewen. Sy spog saam met Dini Jansen.

Karen het verskeie gesondheidsprodukte aanbeveel om hare, naels en vel gesond te hou. Sy het ook bietjie gesels oor die voordele van probiotika.

“Dis belangrik om nie jou organe as vanselfsprekend te aanvaar nie, soos wat baie mense doen wat verkeerd eet en baie alkohol drink,” het Karen gesê.

“As ons onsself oppas in alle aspekte, sal ons lang, gelukkige en gesonde lewens lei,” het Karen ter afsluiting gesê.

Na die insiggewende gesprek het Dini vir Karen namens al die VLU-lede hartlik vir haar tyd en moeite bedank.

ALTYD AANWESIG: Babs de Wet, Bertha Engelbrecht, Marie Niemand en Dini Jansen spog met hul 100 per sent aanwesigheidsertifikate.

Dini het toe die wenners van die vorige VLU-kompetisie aangekondig en hul pryse uitgedeel.

Anelia Ward was ’n ster met sewe pryse wat sy huistoe kon vat, asook ’n sertifikaat vir die mees entoesiastiese VLU-lid. Jeanette Vorster het ook geskitter en vyf pryse gewen.

Babs de Wet, Bertha Engelbrecht, Marie Niemand en Dini Jansen het elkeen ook ’n sertifikaat gekry omdat hulle 100 persent aanwesig was tydens elke vergadering. Dit wil gedoen word.

ENTOESIASTIES: Anelia spog met haar Mees Entoesiastiese VLU Lid-sertifikaat saam met Dini Jansen, die voorsitter van VLU Sonskyn.

Jeanette Vorster het die vergadering met ’n boodskap oor dankbaarheid afgesluit, voordat almal ’n tweede porsie sop geniet het.

Die Sonskyn VLU sal hul volgende vergadering op 2 Julie hou, weer by die NG-kerk in Verwoerdpark. Indien jy belangstel om dit by te woon of by die VLU wil aansluit, skakel gerus vir Dini Jansen op 082 552 4683 vir meer besonderhede.

SEWE PRYSE: Anelia Ward het in totaal sewe pryse van die vorige VLU-kompetisie gewen.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button