NewsSchools

Ranties kore behaal goud by ATKV kompetisie

Laerskool Randhart se twee kore stap albei met goud weg.

WANNEER Ranties se kore optree kan jy maar weet hier kom iets waarna jy wil en moet luister.

Laerskool Randhart se kore het op 10 Mei aan ATKV-Applous deelgeneem waar albei kore goud, wat die hoogste toekenning by die ATKV is, ontvang het. Die Kiewietkoor het 84 persent en die Randrefrein het 85 persent verower. “Baie dankie aan al die onderwysers wat gehelp het om die kore se sukses te bepaal,” het Michael Boucher van die skool gesê.

Op 18 Mei het die Kiewiete en Randrefrein albei goud behaal by die jaarlikse Super 12-koorfees op Tukkies se Groenkloofkampus.

“The aim and final end of all music should be none other than the glory of God and the refreshment of the soul,” het JS Bach geskryf.

KIEWIETE: Laerskool Randhart se junior koor sing hulle harte uit by Tukkies se Groenkloofkampus.

Coenraad Olivier, ’n leerder van Laerskool Randhart en een van die Randrefrein lede het gesê: “Ek dink die Kiewiete en Randrefrein het 100 persent in hierdie doel van Bach geslaag. Alles te danke aan juffrou Jacobs se liefde, dissipline en harde werk; tannie Christa se goeie verwerkings en pragtige begeleiding; asook Vincent en juffrou Esterhuizen se hulp.”

READ:

15 AR SCHOOLS RANDHART

Laerskool Randhart bewys weer eens hulle is die beste

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button