[GALLERY + VIDEOS]: André en Andriëtte Esterhuizen se harmonieuse musiek ander meesleur

André en Andriëtte het die oggend met sy pragtige klavier-musiek en haar betowerende stem begin.

DIT was ’n oggend van prag en lag toe drie blinde mense – ’n musikale duo en ’n grapjas – die VLU-dames inspireer, ingelig en vermaak het. En hoe dan nou anders as Tobie Cronjé ’n gas is.

Met die saamkuier van die Brackenhurst VLU op 2 Mei het Anna-Marie du Plooy al die lede verwelkom en Barbara van Jaarsveld het met gebed geopen. Jackie Birk het vir al die dames wat in Mei verjaar, namens die VLU geluk gewens. Rosa van der Spuy stel toe die dag se sprekers en kunstenaars voor. Dié het musikale duo André en Andriëtte Esterhuizen, die wel-geleerde blinde paartjie Christo en Martie de Klerk, blinde komediant Gerhard Ferreira en die alombekende komediant Tobie Cronjé (hoewel Tobie verkies het om nie ‘n spreekbeurt te hê nie en liewer na die res te luister) ingesluit.

MUSIKALE GASTE: André en Andriëtte Esterhuizen saam met Barbara van Jaarsveld.

André en Andriëtte het die oggend met sy pragtige klavier-musiek en haar betowerende stem begin. Hy het mooi en prettige deuntjies gespeel en elke liedjie was soos ’n storie wat vertel word, of dit het ’n dieper boodskap gehad wat ’n mens hart toe kon vat.

Ten spyte van Christo en Martie de Klerk se blindheid, is hulle albei baie geleerd en het die Braille-taal al bemeester en self ’n boek in Braille saam opgestel. Christo was al voorheen by die Brackenhurst VLU toe hy ’n verskeidenheid pragtige musiekinstrumente gespeel het.

SPREKERS: Martie de Klerk, Jackie Birk en Christo de Klerk.

Dié paartjie het met die lede gesels om hulle meer in te lig oor hoe blinde mense alledaagse takies verrig wat vir diegene met sig vanselfsprekend is. Christo gesels veral oor die iPhone se Siri-funksie en die app vir blindes genaamd TapTapSee. Hy sê hierdie twee funksies help hulle geweldig baie met hul alledaagse take.

TEETAFEL: Die teetafel het baie mooi gelyk.

Toe is dit Gerhard Ferreira se beurt om te gesels. Hy is ’n komediant wie ook op ’n jong ouderdom sy sig begin verloor het. Vandag kan hy glad nie meer sien nie, maar dit keer hom nie om die lewe te vier met ’n goeie sin vir humor nie. Hy het twee skreeusnaakse stories vertel oor insidente wat met hom gebeur het as ’n blinde person. Die manier hoe hy dit vertel het, het selfs vir Tobie Cronjé in stukke gehad.

LEKKER LAG: Gerhard Ferreira, Jackie Birk en Tobie Cronjé.

Jackie Birk het aan die einde namens die Brackenhurst VLU vir al die gaste hartlik dankie gesê en vir hulle geskenkpakkies gegee. Nadat baie fotos geneem is, is dit uiteindelik tyd om te smul aan heerlike sop en brood met ’n koppie koffie.

Die volgende VLU vergadering sal op 6 Junie by die Brackenhurst NG-kerk plaasvind. Vir vroulike gesels- en vriendskap, sluit gerus aan by die VLU. Vir meer besonderhede skakel vir Susie du Plooy op 082 465 0044.

KYK:

Also Read:

Laerskool Orion vier hul damestee

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version