Local newsNews

Ons neem afskeid van Pieter

Pieter Schalk du Toit van Zyl is op 8 April gered, 75 en 10 maande oud, en het aan kanker gesterf.

Dit is met groot hartseer maar ook blye verligting dat ons u in kennis stel dat Pieter Schalk du Toit van Zyl op 8 April, op die ouderdom van 75 jaar en 10 maande, van sy lyding verlos is en aan kanker gesterf het. Hy laat ons met wonderlike herinneringe.

Pieter het die meeste van sy lewe in Alberton gewoon en het in 1960 aan Hoërskool Alberton gematrikuleer. Na hulle huwelik in 1965 het hy en sy vrou, Lenie, eers in Clearwater- en toe in Leeufontein woontelle in New Redruth gewoon. In 1973 het hulle met hulle twee jong dogters verhuis na ’n huis in Randhart wat deur Pieter self ontwerp is.

Vir ongeveer 20 jaar het hy saans, na sy vaste werk, heelwat huise in Alberton ontwerp waarvan daar nie twee is wat dieselfde lyk nie. Hy het ook die Hervormde Kerk in Villiers ontwerp.

Pieter was bekend onder sy vriende en familie vir sy sin vir humor en sy vrygewige gesindheid. Hy sal vreeslik gemis word deur almal wat vir hom lief was.

Hy word oorleef deur sy vrou, twee dogters en sy kleinseun.

Die verassingsdiens vind op 19 April om 10vm vanuit die Nederduitsche Hervormde Kerk Alberton-Wes op die hoek van Camborneweg en Telewarrenstraat plaas.

Die Van Zyl gesin

Read:

https://www.citizen.co.za/alberton-record/173776/safejourney-group-helps-the-suicidal/

https://www.citizen.co.za/alberton-record/173471/silwerkroons-lift-broken/

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button