NewsSchools

Namies se trots

Hiermee deel ons graag twee nuusbrokkies van Hoërskool Dinamika.

NAMIES het beslis rede om te spog – nie net met een van hul onderwysers se prestasies nie, maar ook met ’n leerder se atletiekprestasies.

Juffrou Ingrid Schroeder, Hoërskool Dinamika se atletiekorganiseerder, het ’n spesiale toekenning by die Ekurhuleni South School Sports Awards byeenkomste, vir haar uitstaande bydrae vir die ontwikkeling van atletiek in die distrik, ontvang.

Ingrid is ook die voorsitter van hoërskole atletiek in die distrik. Dinamika wens Ingrid baie geluk met haar toekenning en bedank haar ook vir haar wonderlike bydraes tot die sport.

TOP KLAS: Juffrou Ingrid Schroeder, Hoërskool Dinamika se atletiekorganiseerder, het ’n spesiale toekenning by die Ekurhuleni South School Sports Awards ontvang.

Dinamika leerling, Antoinette Bezuidenhout, het tydens die Gauteng Kampioenskappe, wat op 9 en 10 Maart plaasgevind het, haar skool se naam behoorlik hoog gehou.

Antionette het eerste in die 3 000m hindernis, tweede in die 5 000m en vyfde vir die 1 500m, al drie in die o-19 meisies kategorie, geëindig. Hoërskool Dinamika is trots op hierdie uitstekende atleet.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button