Vyftig jaar vir damesklub

Alberton Damesklub vier hul 50ste herdenking.

ALBERTON Damesklub het hulle 50ste bestaansjaar by die Alberton Aftree-Oord in Florentia gevier.

Die dames en hul gekose gaste het die oggend saam om kuiertafels gevier. Tydens die geleentheid was daar vele lof aan die sterk dames wat die klub begin het, gegee asook dié wat die klub se naam vandag nog hoog hou. Die dames het ’n heerlike ete geniet en was deur die opera klanke van die “Koeksusters” groep vermaak.

Die Alberton Damesklub is in 1968 gestig. Reeds van daardie vroeë dae af het die klub gestaan as die beste plek vir die intellektuele dames van Alberton om saam te kuier en te groei. Die klub gebruik gassprekers en gaskunstenaars om beide die kunste en die akademiese kant van die lewe te ervaar en geniet.

Voorsitter en stigterslid, Martie Marnewick, het die dames vir hulle getroue vriendskap en diens aan die klub bedank. Sy het veral vir die ander stigterslede teenwoordig dankie gesê vir die pad wat hulle saam met haar gestap het.

Daar was drie van die stigterslede teenwoordig – Martie, Maryna Immelman en Maxie Hall. Drie vroue wat baie vir die klub en die gemeenskap gedoen het.

“Die Alberton Damesklub is vir my geweldig belangrik,” sê Maxie. “As ek terugdink aan die wonderlike 50 jaar wat ek saam die dames deurgebring het is my hart gevul met pragtige herinneringe. Ek is baie dankbaar daarvoor.”

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version