Local newsNews

Rus in vrede, Anneline

“Haar vriendelike glimlag en stralende persoonlikheid het almal aangeraak.”

ANNELINE van der Merwe, ’n welbekende Albertonner vir die afgelope 40 jaar en ‘n vorige einares van De Landauer koffiewinkel in Van Riebeeck Laan, is op 7 Maart oorlede.

Volgens haar dogter, Charné, het byna almal in die gemeenskap haar geken. Sy het sommer vriende gemaak waar ookal sy gegaan het.

“Haar vriendelike glimlag en stralende persoonlikheid het almal aangeraak,” het Charné uit haar hart gesê. “Sy was ’n groot legende in die dorp en sy sal vir altyd onthou word. Sy sal ook verewig gemis word.”

Anneline se begrafnis sal op 16 Maart om 12nm by die Dunamis International Family Church in Piercy Laan 90, Parkhill Gardens, Lambton gehou word. Almal is welkom om by te woon.

Skakel asseblief vir Charné op 083 476 2311 vir verdere besonderhede.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button