Local newsNews

‘Movember’-geld gaan aan hospice

Die fondse is onlangs aan Stepping Stone Hospice oorhandig.

AGT personeellede van Hoërskool Dinamika het hierdie jaar weer met groot entoesiasme deelgeneem aan die Movember-veldtog as deel van hierdie skool se jaarlikse uitreikaksies.

Die Movember-veldtog het sy oorsprong in 2004 in Melbourne, Australië, gehad toe 30 manne besluit het om ’n baard en/of snor vir ’n periode van 30 dae te groei in ’n poging om bewustheid rondom prostaatkanker aan te wakker.

Dit het gelei tot die stigting van die Movember Foundation Charity wat jaarliks duisende rande insamel vir bewustheidsveldtoge rondom prostaatkanker en algemene gesondheidstoestande onder mans.

Hoërskool Dinamika se personeel het almal bygedra tot die fonds en sodoende R1 700 ingesamel.

Die fondse is onlangs aan Stepping Stone Hospice oorhandig.

Lees Ook:

‘Goliath’ Comedy Show in aid of Stepping Stone Hospice!

Stepping Stone Hospice reflects on challenges faced in 2017

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button