Local newsNews

VIDEO: Robot-apteker dis medisyne vinnig uit

"Die werk wat ‘n apteker normaalweg in ‘n dag kan doen, kan dié masjien maklik binne twee ure verrig."

JACQUELINE Pharmacy in Randhart is baie trots om die eerste “robot-apteker”, oftewel automatiese resepteereenheid (a.r.e.), in Alberton te hê, en daarby gesê, een van minder as 15 landswyd.

Die a.r.e., genaamd BD Rowa Smart, is vanaf Duitsland na dié apteek ingevoer en is van einde November verlede jaar aan die gang. Apteekeienaar, Hansie Wienecke, verduidelik hoekom hy besluit het dat dit tyd was vir hierdie opgradering.

‘n TAAK VERSOEK: Hansie Wienecke tik instruksies en take in die rekenaar in, wat die a.r.e. dan volg en verrig.

“Dit is ‘n geweldige doeltreffende masjien, hierdie. Dit word natuurlik met ‘n rekenaar beheer. Dit spaar ons mens-aptekers baie tyd om op en af te hardloop om voorskrifmedikasie vir ons klante te gaan haal.

“Die masjien doen alles – pak dit in die rakkies, haal dit af, hou rekord van voorraad en vervaldatums en die medisyne beweeg vinnig na die toonbank met vervoerbande vanaf die a.r.e. se medisynekamer.

“Deur hierdie tyd te bespaar, kan ons aptekers meer klante help en ook meer interaksie met hulle hê. Die a.r.e. is baie vinnig en noukeurig. Dit maak selde ‘n fout, maar as dit doen, is dit niks ernstig wat ons nie gou kan regstel nie,” sê Hansie in sy skik.

Die a.r.e.-kamer kan tot 10 000 items gestoor hê en hou medikasie vanaf skedule drie. Die a.r.e skandeer alle medisyne elektronies, en dié met die naaste vervaldatums word eerste uitgehaal om verkoop te word. Slim nê?

Om só ‘n masjien in te rig kan ‘n apteek se sak heelwat ruk, maar oor die langtermyn spaar dit geld op aptekers en kan heelwat meer besigheid hanteer. Net om seker te maak die masjien werk soos dit moet, word dit elke twee maande deur die DNA Logic outomatisasie maatskappy gehandhaaf.

JACQUELINE PHARMACY: Die apteek met die a.r.e.-apteker in General Alberts Avenue, Randhart.

Hansie hou voor dat a.r.e.-aptekers die toekoms is en dat dit net ‘n kwessie van tyd is voordat dit alombekend word.

“Die ander paar a.r.e.’s in Suid-Afrika sal gewoonlik by hospitaalapteke gevind word, maar dit is stadig-maar-seker besig om meer populêr te word,” sê hy.

EN SIEDAAR: So lyk dit wanneer die a.r.e. medisyne vanuit die a.r.e.-kamer uitgooi vir aptekers om na hul klante te versprei.

Kyk gerus hierdie video om vlugtig te sien hoe Hansie wys hoe die a.r.e. werk:

Lees Ook:

Liefde blom steed na 60 jaar

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button