Local newsNews

“Polfyntjies”-konsert maak Kersfees spesiaal

Hierdie gaan vir die minderbevoorregte gemeenskap gegee word wat deur Tutela en Ligstad bedien word.

TYDENS die onlangse aanbieding van die konsert Polfyntjies vir Kersfees, is talle Kersgeskenke vir Ligstad se kinders en blikkieskos vir Tutela (voorheen bekend as CMR) ingesamel.Hierdie was die derde jaarlikse Polfyntjies vir Kersfees-konsert en dit was deur die Cantare Kinderkoor aangebied. Coert Grobbelaar hoop dat Cantare dit in die vervolg weer sal aanbied omdat dit so ‘n groot sukses was.

Sowel as die Cantare Kinderkoor, het Die Alberton Dames- en Mannekoor ook opgetree. Dan was daar ook Michelle en Rochelle Veenemans en Phiwe Makaula wat die gehoor betower het.

 

As ingangsfooi was dit van elke gehoorlid gevra om ‘n geskenkie of kos item in te handig. Items wat ingesamel is gaan vir die minderbevoorregte gemeenskap wat deur Tutela en Ligstad bedien word, gegee word.

Op 23 November het Coert Grobbelaar, mede-stigter (saam met sy vrou, Christine) van die jaarlikse konsert, sowel as Mariska Wagenaar van Tutela, ‘n draai by Ligstad gaan maak.

GELUKKIG EN TEVREDE: Mariska Wagenaar, Alida Jooste, Coert Grobbelaar (agter) en Ida Strydom.

Talle geskenke wat deur middel van die konsert vir die minderbevoorregte kinders van Ligstad ingesamel is, is hier uitgepak.

Daar is ook kosblikkies en pakkies vir Tutela se kliënte ingesamel.

Alida Jooste van Ligstad en Mariska Wagenaar was sommer baie opgewonde hieroor.

“Vreeslik dankie, ons waardeer hierdie geskenke so baie en ons weet sommer dit gaan baie mense se harte baie bly maak,” het Alida vir Coert gesê. Mariska het namens Tutela ook haar dankbaarheid getoon.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button