Skool treur oor onnie

Onderwyser sterf skielik.

DIT is met groot hartseer dat Hoërskool Dinamika verneem van die skielike afsterwe van Johan Labuschagne op 18 Desember.

Die hoof, Johan Schutte, het die volgende geskryf:

Meneer Lappies was etlike jare as geografie en sosiale wetenskappe onderwyser by Dinamika betrokke. Mnr Lappies het jaar na jaar goeie matriek A-uitslae behaal. Hy was ook die seunshokkie-organiseerder waar hy hom goed van sy taak gekwyt het. Hy het altyd ‘n plan of twee gehad om die seunshokkie te verbeter.

Lappies was ‘n stil man met ‘n sterk persoonlikheid. Die waardes en normes waarvolgens hy geleef het was besonders. Sy liefde vir sy medemens, veral die bejaardes by sy kerk, sal voorwaar gemis word. Hy het ure van sy tyd opgeoffer om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Nooit was iets te veel gevra om te doen nie.

Lappies se geselsies by die skool met menigte personeel gaan gemis word. Lappies was ‘n oor vir baie personeel.

Sy mooi openinge in die oggend in die personeelkamer was voorwaar spesiaal.

Sy groot liefde vir sy vrou, Suzie, seun Hansie en dogter Linda was iets spesiaals. Altyd trots op sy kinders. Sy kleinseun het bitter diep in sy oupa se hart gekruip. Altyd ‘n storie of ‘n foto van hom is ‘n bewys van sy groot liefde vir sy kleinseun.

Lappies jou plek by Dinamika is leeg, jou plek in die personeelkamer en klas sal moeilik gevul word, maar die vriend en mens wat jy was sal altyd onthou word.

Jy het ‘n verskil gemaak in baie mense en leerders se lewe.

Dinamika en die samelewing verloor ‘n goeie mens. ‘n Godvresende man en ‘n gesinsman duisend.

Baie sterkte aan sy gesin en familie in hierdie moeilike tyd.

Dinamika groet meneer Lappies. Ons gaan jou mis.

Lees Ook:

Rest in peace, Shishi

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version