Local newsNews

Hykie Berg kuier by Ligstad

Dit was ’n wonderlike, insiggewende oggend en toe Hykie klaar gepraat het, het gaste heerlik aan verversings gesmul en tee geniet.

HYKIE BERG, voormalige Survivor-wenner en gevestigde Afrikaanse akteur, het tydens Ligstad se Damestee sy inspirerende lewensverhaal met die gaste gedeel.

Sy boek, My Storie Van Hoop, ’n huidige topverkoper, is ’n outobiografie/self-help boek wat sy lewensverhaal en stryd met dwelms, en hoe hy bo uitgekom het, vertel. Dit verskaf ook 12 stappe oor hoe om van dwelms af skoon te bly. Sy doel met die boek is om mense te help om hulself te vergewe, te besef alle mense maak foute en om hul selfwaarde te vind.

LEKKER BY LIGSTAD: Hykie Berg (middel) saam met Ligstad se Alida Jooste (links) en Andra Badenhorst.

Ligstad se Damestee is op 18 November by die Ou Eufeeskerk, Alberton-Noord aangebied. Die oggend het met pragtige klawermusiek deur Ligstad se musiek-fundi, Ilse-Louise Herholdt, begin. Teen 10vm was die saal byna propvol en almal was in afwagting om Hykie se motiveringspraatjie te hoor.

Dit was ’n wonderlike, insiggewende oggend en nadat Hykie klaar sy storie gedeel het, het gaste heerlik aan verversings gesmul en tee geniet.

Hykie se boek was by dié heerlike oggend te koop. Dit kan ook by Exclusive Books of Bargain Books gekoop word of dit kan bestel word deur ’n e-pos na isabellalaclick@yahoo.com toe te stuur. Jy kan ook vir ’n getekende kopie vra.

Om Hykie vir motiveringspraatjies te bespreek, stuur gerus ’n e-pos na louis@musicprofile.co.za

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button