Local newsNews

Sarie en André sal altyd onthou word

Dis nou reeds ’n jaar nadat hulle oorlede is en hulle is nie vergete nie.

Die REKORD het vroeër vanjaar ’n huldeblyk aan André en Sarie van Vollenhoven gepubliseer (8 Februarie).

Ma en seun, Sarie en André van Vollenhoven is albei omtrent ’n jaar gelede oorlede, maar hulle sal vir altyd vir hulle bydrae in die gemeenskap, kreatiwiteit en liefde vir hul medemens onthou word.

SARIE VAN VOLLENHOVEN: Rus sag, Sarie.

Sarie (81) was gebore op 19 Februarie 1935. Sy was vir 35 jaar ’n dagmoeder vir vele kinders in Alberton en sy het ’n plakboek oor elkeen bewaar. Sy het ook graag blomme rangskik en naaldwerk gedoen – sy was kreatief en lief vir kinders.

TOEKA: Sarie was ‘n pragtige, groothartige dame in haar jeug.

Sarie en Jan van Vollenhoven se seun, André (52), sal onthou word vir sy liefde vir houtkerwery en om met leer te werk. Hy was dapper – hy het studeer by die polisie kollege en later by die Alberton SAPS gaan werk. Sy bydrae het baie vir die gemeenskap beteken.

Hierdie jaar sou ons (Sarie en Jan) 58ste huweliksherdenking wees.

Jan van Vollenhoven

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button