CrimeNews

Verdagte in plaasmoord ontsnap

AfriForum doen ’n beroep op die publiek om op die uitkyk vir dié persoon te wees.

AfriForum het verneem dat Petrus Dambiso Moyo die afgelope 24 uur uit die Ellisras-polisiestasie se aanhoudingselle ontsnap het. Moyo is een van vier verdagtes wat van die moord op Dr Werner Emslie op 20 September op die plaas Afguns verdink word.

“Dr Emslie is een van 77 mense wat sedert die begin van 2017 bloeddorstig op plase in Suid-Afrika vermoor is. Daar was reeds vanjaar sowat 360 aanvalle op plase in die land. Daarom eis AfriForum dat die polisie hierdie ontsnapping moet ondersoek en antwoorde aan die publiek verskaf oor hoe só iets kon gebeur het,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van veiligheid.

Cameron verduidelik dat Fikile Mbalula sedert sy aanstelling as polisieminister geen verbetering in terme van die voorkoming en bekamping van plaasmoorde en -aanvalle teweeggebring het nie. “Inteendeel, tot dusver was daar net ’n toename in hierdie misdaad. Die sogenaamde taakspan waarvan die polisieminister praat het verder nog niks gedoen om plaasaanvalle daadwerklik te bekamp nie. Gemeenskappe moet daarom aanvaar dat hulle hulself moet organiseer en nie vir die regering kan wag nie.”

Volgens AfriForum is plaasaanvalle in 2017 reeds die hoogste wat dit die afgelope vyf jaar was en die feesseisoen – waartydens dié misdaad gewoonlik ’n piek bereik – lê nog voor. “Plaasmoorde en -aanvalle is vanjaar ook beduidend meer as in 2016 en, soos aangedui deur die Instituut vir Sekerheidstudies, was daar reeds tussen 2012 en 2016 ’n 112 persent toename in aanvalle en ’n 33 persent toename in moorde.”

AfriForum doen ’n beroep op die publiek om op die uitkyk vir dié persoon te wees. Indien hy gesien word, stel asseblief jou naaste polisiestasie in kennis en laat weet AfriForum Veiligheid by veiligheid@afriforum.co.za of direk by 064 850 1639.

AfriForum moedig gemeenskappe aan om op 25 November 2017 deel te neem aan die massaoptog na die Uniegebou in Pretoria. Mense wat wil deelneem, kan registreer op www.stopdiemoorde.co.za.

*Verskaf deur Natasha Venter, mediaskakelbeampte vir AfriForum.

Lees Ook:

Black Monday in Alberton

VIDEOS: Stop farm murders, says Albertonians

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button