Local newsNews

VIDEO: Lok Fu restaurant bederf VLU

Voordat die geregte voorgesit is het al die lede geskenkpakkies en poskaartjies ter ere van die opkomende Kersseisoen uitgeruil.

NADAT die eienaars van die Sjinese Lok Fu restaurant in Meyersdal Mall die VLU-lede, veral diegene van die Skonskyn-tak, vir ’n gratis feesmaal genooi het, het verskeie VLU-lede op 6 November by dié restaurant bymekaar gekom.

Hierdie byeenkoms was die tak se laaste vergadering vir die jaar – hul 802de. Hul eregas, behalwe vir Steven en sy vrou Helen (restauranteienaars) en Yen (die hoofkok), was weer eens Karen Armstrong wie ook hul vorige vergadering bygewoon het en met die Afrikaans-Sjinese vertaling gehelp het.

DANKIE: Dini Jansen gee vir Helen, Steven en Yen ’n geskenkpakkie namens die VLU om hulle vir hul gasvryheid te bedank.

By die restaurant het sy die dames meer van Sjinese disse, wat vir hulle voorgesit is, geleer.

Nadat Dini Jansen, voorsitter van die Sonskyn VLU, die gewone afkondigings vir die vergadering gedoen het was dit tyd om te kuier en fees te hou.

Voordat die geregte voorgesit is het al die lede geskenkpakkies en poskaartjies ter ere van die opkomende Kersseisoen uitgeruil. Die restauranteienaars het die dames ook met die oulikste Sjinese handwaaiers en White Rabbit lekkers op elkeen se plekmatjie bederf.

ONS BID: Steven, Helen en Karen Armstrong (Steven se persoonlike assistent) bid die VLU-gebed saam met die VLU-lede.

Toe was dit tyd om te smul! Die dames het die lekkerste Aloe Vera koeldrank, ’n tradisionele Sjinese drankie, gedrink. Daar was ook tuisgemaakte flower tea om tussen geregte te geniet. Flower tea is die Sjinese geheim om aanhoudend te kan eet sonder om vet te word.

Die sushi-kombuis was ewe besig om vegetariese sushi as voorgereg vir almal voor te berei. In plaas van salm was komkommer-, piesang- en/of aarbeisnye die hoofbestandele van dié sushi. Daar was ook hoender-en-soetmielie sop en die heerlikste, geurigste gebraaide groente.

VIDEO:

Kelners het aanhoudend nuwe disse voorgesit en elke keer was die dames effens geskok met die hoeveelheid kos wat vir hulle aangebied is. ’n Sjinese aartappeldis met sous, ’n quiche-soort eierpastei met blaargroente ingemeng, soet-suur kingklip happies, suurlemoen-hoender en sommer nog vele meer.

SUSHI: Yen, Lok Fu se hoofkok, maak lekker vegetariese sushi vir die kuiergaste.

Al was almal hóé lus om alles op te eet, was die kos net te veel – selfs vir twee vol tafels. Dit was ’n behóórlike bederf. Wat ’n ervaring en ’n voorreg om by Lok Fu te kon fees hou.

Daarmee groet VLU tot volgende jaar 5 Februarie. Vreeslik dankie aan Lok Fu vir hul liefde en gasvryheid. Kuier gerus vir hulle – hul nommer is 011 867 0227 of hulle kan by die Meyersdal Mall gevind word.

FEES: Die disse wat voorgesit is was gepas vir ‘n koning.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button