Marais Viljoen krieketsterre blink uit

Die skool het ook 10 spelers vanjaar gehad wat Easterns verteenwoordig het.

HOËRSKOOL Marais Viljoen het vanjaar sonder twyfel weer sy merk op die krieketveld gemaak.

Volgens Andrew Nel, krieketorganiseerder by die skool, begin hulle nou die vrugte van jare se toegewyde harde werk deur spelers en afrigters pluk.

“Ons probeer om deurlopend die standaard te lig, te verbeter en dit maak ’n verskil. Maar dis ook die spelers, afrigters en veral die ouers wat inkoop en met die regte houding die verskil maak,” het Andrew gesê.

Marais Viljoen se spanne wat hierdie jaar ligas gewen het is as volg:

Die skool het ook 10 spelers vanjaar gehad wat Easterns verteenwoordig het en Neil Levenson is as een van die afrigters by die Easterns o-17A span aangewys.

“Natuurlik hoop en werk ons vir nog ’n paar bekers en weer ’n verbetering van die standaard en peil van krieket wat ons speel,” het Nel oor planne vir volgende jaar gesê.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version