HOËRSKOOL Dinamika is trots om ’n bietjie wenner-nuus aan die gemeenskap te verkondig.
Een van hul leerders is tot die Easterns provinsiale krieketspan verkies en die skool het goed in die jaar se kunswedstryd gevaar.
Montell Swartz van Hoërskool Dinamika is tot die o-15A Easterns provinsiale krieketspan verkies. Namens die skool word Montell alle sterkte en voorspoed toegewens – hou so aan!
In ander nuus – Dinamika bestaan nie net uit sport en akademie nie. Hul kultuur het hierdie jaar by die Alberton Kunswedstryd hoogty gevier.
Daar was altesaam 25 000 inskrywings wat van Kempton Park tot Heidelberg gestrek het. Dinamika spog met 122 itemwenners en agt afdelingwenners. Wonderlik!
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.