NewsSchools

Marais Viljoen ‘modelle’ en bestuurspan pronk

Marais Viljoen het in die week van 20 Oktober hul Meneer en Mejuffrou Marais Viljoen, asook hul nuwe bestuurspan en hoofleiers, verkies.

HOËRSKOOL Marais Viljoen het in die week van 20 Oktober hul Meneer en Mejuffrou Marais Viljoen, asook hul nuwe bestuurspan en hoofleiers, verkies.

Op die aand van 20 Oktober is Marais Viljoen se Meneer en Mejuffrou Marais Viljoen gekies. Daar was vier beoordelaars: Armand du Plessis (Meneer Suid-Afrika 2014), Rual Laubscher (wenner van die Fitness Model 2017 kompetisie), Sharne Labotski (finalis in die landwye Bachelorette skoonheidswedstryd) en Carli Prinsloo (skoonheidsredakteur van People tydskrif).

Vir 2017 is Tanja Reis as Mejuffrou Marais Viljoen bekroon. Na haar is Nikita Horta as Eerste Prinses en Tyra-Lee Georgiou as Tweede Prinses aangewys.

Meneer Marais Viljoen 2017 is Nivarghan Pillay met Wikus Doubel as Eerste Prins en Fredré Marais as Tweede Prins.

Marais Viljoen het dan ook op die aand van 19 Oktober, tydens hul jaarlikse prysuitdeling, hul leiers en bestuurspan vir 2018 aangewys. Dié aankondiging het met die skool se jaarlikse prysuitdeling wat in die Alberton Lewensentrum se saal aangebied is, ingeval.

Mariska Pieterse en Alewyn Vorster is as die twee hoofleiers vir 2018 verkies. Die twee hoofleiers van vyf jaar gelede, Angelique Adams en Jacques de Necker, het die eer gehad om die hoofleierskapbalkies aan Alewyn Vorster en Mariska Pieterse oor te handig. Angelique en Jacques was die hoofleiers toe Alewyn en Mariska in Graad Agt was.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button